Visie

Visie

Lééf, sáám, in pas met God se sorg, trou en liefde vir die wêreld.

  • Lééf

    Lééf, sáám, in pas met God se sorg, trou en liefde vir die wêreld.

  • Sáám...

    Net soos almal wat van die begin van die wêreld tot die einde toe deur God se genade tot die ewige lewe uitverkies is.

  • In pas met God...

    Moontlik deur die self-openbaring van God in Jesus Christus, ons Here.

  • God...

    God drie-enig, Vader, Seun en Heilige Gees.

  • God se sorg, trou en liefde...

    Altyd daar, telkens opnuut, ongeag die omstandighede.

  • Die wêreld...

    Die Goeie Vader van ons Here se gevalle skepping.

     

Die simboliek van die embleem:

Die basiese kruisvorm van die embleem is geïnspireer deur die vorm van die kerkgebou wat in die ou styl soos ’n kruis gebou is. Die pyle aan die punte van die kruis dui op die missionêre uitbeweeg van die gemeente.

In die kern van die kruis (gemeente) is die figuurtjies (van bo gesien) wat die gemeente uitbeeld as saam biddend en ondersteunend in die teenwoordigheid van Jesus, die Kern en Hoof van die gemeente. Vanuit daardie posisie is die figuurtjies wat met hande uitgestrek na buite posisioneer. Dit dui op die dienende uitbeweeg van die gemeente na die gemeenskap en wêreld om ons. Dit is ’n uitbeweeg vanuit die ontmoeting met Jesus wat onderling en in Sy teenwoordigheid plaasvind.