Visie en Missie

Visie

Moedergemeente George – ‘n Geestelike tuiste waar ons toegewyd aan ons Here Jesus Christus, saam GROEI, AANBID en DIEN.

Missie

  • Om saam te GROEI tot 'n DINAMIESE, SPONTANE, GEESGEVULDE Gemeente, waar ons MEKAAR in liefde versorg;

  • Maar ook UITREIK na die NOOD van die wêreld;

  • En BIDDEND en LUISTEREND na die Woord, al hoe meer te LEEF uit die onuitputlike rykdom wat daar is in JESUS CHRISTUS, ons Here,

  • Sodat GOD ALLES vir almal kan wees.

Die simboliek van die embleem:

Die basiese kruisvorm van die embleem is geïnspireer deur die vorm van die kerkgebou wat in die ou styl soos ’n kruis gebou is. Die pyle aan die punte van die kruis dui op die missionêre uitbeweeg van die gemeente.

In die kern van die kruis (gemeente) is die figuurtjies (van bo gesien) wat die gemeente uitbeeld as saam biddend en ondersteunend in die teenwoordigheid van Jesus, die Kern en Hoof van die gemeente. Vanuit daardie posisie is die figuurtjies wat met hande uitgestrek na buite posisioneer. Dit dui op die dienende uitbeweeg van die gemeente na die gemeenskap en wêreld om ons. Dit is ’n uitbeweeg vanuit die ontmoeting met Jesus wat onderling en in Sy teenwoordigheid plaasvind.